Waarom ‘n Jagtersvereniging
Ek lees aandagtig die artiekel deur Matt Relihan en Andre Van Dyk oor die belangrikheid van jagtersverenigings. Dit is egter nie so wit en swart soos die artiekel die uitbeeld nie.
Alhoewel die jagtersverenigings geskiedkundig die jagter in jagverenigingstrukture verteenwoordig het met die primêre doel om jag te bevorder, het die landskap oor die afgelope paar jaar drasties verander.
Histories het jagters aan sulke verenigings behoort , en selfs voor wild in privaat besit gehou mag word en selfs voor die nuwe vuurwapenwet in werking getree het, om deel te wees van so ‘n groep jagters en om hul passie vir jag uit te leef. Jagters was geskiedkundig van die eerstes wat georganiseerde strukture in plek gestel het en met groot sukses.
Dit moet ook nie uit die oog verloor word dat jare terug, meeste jag op gewone please plaasgevind het. Daar was bitter min geregistreerde jag plase. Die groot verskil was dat op gewone plase, die wild gesien word as eiendom van die staat en was meetal trekbokke wat oor skaap heinings kon spring van een plaas na die ander.
‘n Groot deel van die jagtersverenigings se tyd en energie destyds, was om jagplek vir jagters te bekom. As jy nie ‘n familielid of kennis gehad het wat wild op hul plaas het nie, was jag maar ‘n moeilike ding. Vandag is daar sowat 12 000 geregistreerde jagplase en het gepaart gegaan met onderhandelinge met plaaslike owerhede en Natuurbewaring.
Daar is drie pilare van volhoubare en verantwoordelike wildboerdery wat die landskap verander het.
- Beginsels van Vryemarkekonomi, gerig op die beskerming van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne en om ‘n blywende nalatenskap vir toekomstige geslagte na te laat
- Om ‘n wetgewende omgewing moontlik te maak, beleid van volhoubare benutting verskans in Suid-Afrika se grondwet: 1991 Wilddiefstalwet wat die private eienaarskap van wilde diere toegelaat het
- Beduidende belegging van die private sektor, in wildplase en wild
Gereistreerde please behoort die wild aan die plaas eienaar, en die wet van 1991 het dit moontlik gemaak. Al die proklamasies en ordinansies is nie 100% van toepassing op sulke plase nie maar wel op “oop” plase waar die wild nog steeds aan die staat behoort.
Die verandring in die vuurwapen wet het ook ‘n rol gespeel om hierdie veranderinge aan te sterk, want oor tyd jaggeleenthede gegroei, wat beteken het meer en meer vuurwapen eienaars en jagters.
Histories het hierdie jagtersverenigings nie noodwendig algemene vuurwapen eienaarskap of sportskiet as ‘n primêre aktiwiteit bevorder nie, maar eerder om die skut se vernuf te bevorder vir goeie skootplasing in die veld.
Sportskietverenigings wat gefokus was op spesifieke sportskiet-disiplines was volgens getalle in die minderheid. Onder die ouer sportskietverenigings wat bestaan het, was Bisley, Benchrest, Silhouette, Haelgeweer, Sporting, Trap, Skeet, en IPSC-handwapenskieten verskeie ander sportskiet soorte.
Dit het natuurlik alles onder die vorige wetgewing plaasgevind.
Destyds kon jy by jou plaaslike polisiestasie aansoek doen om as bonafide jagter geregistreer te word en R50 betaal vir jou sertifikaat. Met die nuwe vuurwapenwet is daar meer verantwoordelikheid op die verenigings geplaas om volgens die nuwe vuurwapenwet op te tree en toegewyde status aan hul lede uit te reik volgens voorgeskrewe vereistes.
Dit het die bedryf heeltemal verander. Die verenigings het nou ‘n wetlike verpligting en moet geakrediteer word as hulle toegewyde status aan hul lede wil gee. Hierdie status het die bonafide jagter geregistasie vervang.
As mens na die aantal jagters kyk, is daar na raming tussen 350 000 to 400 000 jagters in die land, en ‘n totaal van sowat 1.5 tot 2 miljoen vuurwapeneienaars.
Van die geraamde 350 000 jagters, behoort sowat 100 000 aan een of ander vereniging. Dit dek ongeveer 30 verskillende verenigings landswyd. Met ander woorde, net sowat 28% jagters behoort aan ‘n vereninging. Dit sluit ook lede in wat aan meer as een vereniging behoort.
Die aantal jagters wat aan verenigings behoort in vergelyking met alle vuurwapeneienaars is dus sowat 5%. Soos u kan sien, is dit ‘n baie klein getal jagters is wat verenigings ondersteun. Aan die anderkant, is die hoeveelheid sportskuts nog minder. Daar is nie enige konkrete getalle nie, maar met my kennis van die bedryf, is die getalle sportskuts nie meer as 25 000 nie.
As jy die getalle sportskuts neem in vergelyking met die hoeveelheid vuurwapen eienaars, dan is hulle sowat 1.25%. Dit is ‘n baie klein persentasie wat werklik verenigings of sportskiet instansies ondersteun.
Met die verandering in die bedryf en die wetlike verpligtinge, het die hoeveelheid verenigings en klubs, bo en behalwe die historiese jagters verenigings, taamlik gegroei. Die interessante aspek hiervan is dat baie van hierdie klubs nie ‘n formele struktuur het nie. Dit is entoesiastiese sportskiet persone wat ‘n spesifieke skietformaat ontwikkel het en mede-vuurwapeneienaars uitnooi om deel te neem aan hierdie aktiwiteit.
Van hierdie klubs is byvoorbeeld XSSSA, Koning van 1 en 2 Myl, Noodhulpskiet, Send It, Long Range, Kesie-skiet, Western Cape Rifleman, Vredeskiet, en so kan jy sosiale media volg vir ‘n magdom skietgeleenthede landswyd. Hierdie informele strukture bestaan omdat sulke skuts hul wil toespits op dit waarin hulle belangstel en kan presteer en omdat hulle dit geniet. Skuts wat by hierdie geleenthede opdaag, is ‘n mengelmoes van nie-lede- en lede wat of aan geen, of ‘n ander geakrediteerde vereniging behoort.
Aanlynverenigings soos NARFO bied vir vuurwapeneienaars die geleentheid om aan enige van hierdie skietaktiwiteite deel te neem sonder die politiek en rondslomp van tradisionele verenigings. Dit bly gemaklik vir die vuurwapeneienaar en gee hom ‘n wye keuse sonder beperkinge.
Daar is geleenthede en ruimte in die bedryf vir al hierdie strukture, en dit is belangrik dat tradisionele jagtersverenigings meer inklusief en nie eksklusief behoort te wees nie. Terwyl sommige vuurwapeneienaars nie aan jagtersverenigings wil behoort as gevolg van persoonlike oortuigings en beginsels of teenstand teen jag nie, is dit belangrik om ‘n breër perspektief te hê.
Die bedryf kan profiteer deur die diversiteit van sienings en behoeftes te omarm en ‘n plek te bied vir almal, ongeag hul persoonlike oortuigings. Inklusiwiteit sal ‘n geleentheid skep vir die bevordering van begrip, gesprekke en samewerking tussen verskillende belangegroepe. Dit is dus noodsaaklik vir tradisionele jagtersverenigings om voort te bestaan en hul benadering aan te pas en ‘n inklusiewe omgewing te skep wat alle vuurwapeneienaars verwelkom en hulle betrokkenheid by die industrie ondersteun.
In die geval van NARFO, kan vuurwapeneienaars dus lidmaatskap verkry, en al die voordele benut wat gebied word, sonder enige benoemingswaardige voorskrifte, behalwe vir verantwoordelikke en wettige vuurwapen besit en gebruik. Lede kan dus gewone lede wees of toegewyde status verkry deur deel te neem aan ‘n skietaktiwiteit of jaggeleentheid wat by hom pas. Dit skep ook die geleentheid om slegs by een vereniging betrokke te wees terwyl hy verskeie aktiwiteite kan bywoon soos die tyd en aktiwiteit dit toelaat.
Die huidige sportskietbedryf skep ‘n aantreklike omgewing waar skuts geneig is om deel te neem en te bepaal of dit iets is wat by hom pos vat. As dit nie vir hom of haar werk nie, kan hy die volgende opsie probeer totdat hy sy plek gevind het. Dit kan ‘n informele of formele vereniging of klub wees. Dit gee die skut weer die vryheid van keuse sonder politieke bemoeienis, vergaderings of strukture wat soms ‘n nadeelige impak op die lid of skut kan he.
Sportskiet is dus ‘n goeie platform om nuwe vuurwapeneienaars betrokke te kry by die bedryf. Soos reeds genoem, is daar ook baie jagters onder hierdie getal wat nie noodwendig aan ‘n vereniging behoort nie en aansluit by instansies soos NARFO as hulle sien hoe aangenaam dit is.
Lidmaatskap van verenigings en klubs het dus oor tyd verander om aan die behoeftes van vuurwapeneienaars te voldoen. Om dus ‘n voorsprong te behou in die toekoms, sal die historiese benadering van verenigings moet aanpas by moderne tye.
Die jagtersverenigings wat gefokus is op die beskerming van jagvryheid en die betrokkenheid by wetgewers en anti-jagters, speel ‘n belangrike rol in die huidige landskap. Hierdie verenigings is toegewyd om die belange van jagters te bevorder, hul regte te beskerm en positiewe verhoudings met wetgewende liggame en anti-jagters te bevorder. Deur middel van hul betrokkenheid kan hulle inspraak hê in die ontwikkeling van beleid en regulasies wat jagters se vryheid om te jag waarborg. Dit bied ‘n platform vir jagters om hul standpunte te deel, te kommunikeer met diegene wat teen jag gekant is, en ‘n gesprek aan te moedig wat wederse begrip en respek bevorder. Hierdie verenigings dien as ‘n stem vir die jagtersgemeenskap en speel ‘n belangrike rol in die beskerming en bevordering van jagvryheid in ons samelewing.
Sekere vuurwapeneienaars sal nie by ‘n jagtersvereniging aansluit nie, om verskeie redes. Een van die redes is dat sommige mense ‘n lewenstyl volg wat vegane of vegitariese beginsels insluit, en daarom teen die idee van jag is. Vir hulle is die idee om diere dood te maak vir sport of voedselproduksie onaanvaarbaar. Ander individuele vuurwapen eienaars mag om verskillende filosofiese of etiese redes teen jag gekant wees, en dus voel hulle nie gemaklik om deel te wees van ‘n vereniging wat jagters verteenwoordig nie. Hulle kan ‘n groter fokus lê op natuurbewaring, wildbewaring of diereregte en kan verkies om deel te wees van ander organisasies wat hierdie beginsels bevorder. Dit is belangrik om die verskillende perspektiewe en oortuigings te erken en te respekteer, aangesien elke person, wat ook ‘n vuurwapen eienaar is, die reg het om deel te neem aan ‘n gemeenskap of organisasie wat ooreenstem met hul persoonlike oortuigings.
NARFO het wel ‘n gesonde groep jagters as lede wat gereel jag aktiwiteite laai en hul passie uitleef. Baie van die jagters is ook sportskuts en besit ook vuurwapend vir selfverdediging.
Die wet is baie duidelik in die voorslkrifte om ‘n geakrediteerde vereniging in die lewe te roep. As jy ‘n geakrediteerde vereniging wil stig, dan moet jy of aan ‘n plaaslike nasionale vereniging behoort, of ‘n internasionale vereniging behoort. Dit is nie altyd moontlik, in die hudige landskap, om as ‘n nuweling by ‘n nasionale vereniging te afilieer nie.
Nasionale jagters strukture moet dus hul self vereenselwig met van hierdie beginsels soos hierbo genoem, en meganismes in plek stel om die nodige steuning van die industrie te verkry, om jag te bevorder. Dit gebeur eenvoudig net nie en as ‘n buitestaander, om deel te raak van ‘n nasionale jag struktuur is amper onmoontlik. CHASA en SUCo SA wat in ‘n vorige artiekel genoem was, is twee sulke instansies wat baie esklusief bedryf word. As ‘n organisasie, wat nie deel is van CHASA nie, is dit amper onmoontlik om aan SUCo SA te behoort.
Die enigste manier hoe dit kan gebeur, is as jy direkte lidmaatskap met een van die afiliale het. Vir redes soos hierbo genoem, is dit nie altyd prakties uitvoerbaar nie, en tradisionele jagtersverenigings verloor noodsaaklike steun as gevolg hiervan. Hulle sien eenvoudig net nie die waarde van ander meer modern en informele strukture nie.
NARFO is nutraal waar dit kom by die benaderings van verskillende vuurwapen eienaars. NARFO skep die geleenheid vir vuurwapen eienaars om nie noodwendig te kies watter tipe vuurwapen eienaar hy of sy behoort te wees nie, menende of ‘n jagter of ‘n sportskut. Lede kan net gewone vuurwapen eienaars wees, sonder om aan jag of sportskiet aktiwiteite deel te neem en steeds ‘n lid van NARFO wees.
Volgens one eie statistieke, is meer as 70% van ons lede eerste vuurwapen eienaars, menende dat hulle nog nooit aan ‘n ander vereniging behoort het nie. Dit spreek boekdele oor die feite soos bo vervat en dien as bewys dat vuurwapen eienaars ander opsies oorweeg as dit kom by die besluit om aan ‘n vereniging te behoort.
Dit is waar dat NARFO ‘n geregistreerde maatskapy is sonder vrywillegers. Ons word deur sekere instansies gekasty omdat ons ‘n winsbejagte organisasie is.
Wat wel uit die oog verloor word is die volgende.
NARFO het verskye borgskappe aan ander verenigings gegee om hul saak te bevorder, teenoorgesteld van tradisionele instansies wat vir borgskap vra.
NARFO het ook verskye projekte geloods wat self befonds was.
Ja, NARFO word as ‘n besigheid bedryf en lede betaal vir ‘n diens wat hulle kry. Dit se nie dat ons nie “Good Governance” aan die dag le nie.
Die doel is om ‘n platform vir vuurwapen eienaars te bied waar hulle hulp kan kry met die lisensieerings proses en gereelde inligting te ontvang wat vuurwapen eienaarskap betref, asook komunikasie rakende geleenthede waar hulle hul vuurwapens kan gebruik.
NARFO het ook ‘n program van stapel gestuur om ondersteuning aan kleiner verenigings of klubs te bied om juis op nasionale vlak vir hulle verteenwoordiging te gee en die voordeel van akreditasie aan hulle te bied. NARFO is ‘n inklusiewe struktuur wat oop is vir enige vuurwapen eienaar of instansie.
Ons vernootprogram is besig om goed te groei en dit skep weer die geleentheid om instansies en lede wat oorspronklik nie aan ‘n vereniging sou behoort het nie, deel te maak van die NARFO struktuur en sodoende deur die strukture in konstante komunikasie met hulle te bly. Die posetiewe aspek is dat NARFO bevorder alle ander instansies se aktiwiteite en stel sodoende die instansies blood aan NARFO lede.
NARFO se besigheids model is gebou om ons verteenwoordigers te vergoed vir hul insette wat hul lewer. Ons het tans meer as 120 verteenwoordigers wat verged word vir hul dienste. Dit is gekoppel aan ‘n werkskepping initiatiefen die werk wat die apmtenare en verteenwoordigers doen is ook tot voordeel van alle lede. Die feit dat ander instansies van vrywilligers gebruik maak beteken nie dat dit noodwendig beter diens is nie. NARFO het sowat 35 vernote in die bedryf wat ‘n groot nasionale voetspoor het.
Daar is ‘n plekkie in die son vir almal, mens moet net besef dat verskilende plante op verskilende plekke onder dieselfde son groei.